Nek en rug massering
Die hoofdoel van die massering is ontspanning. Ons werk op jou nek en rug aangesien dit die eerste area wat geraak word deur spanning.
Vol liggaamsbehandeling
Hier behandel ons die voorkant van die bene, arms, agterkant van die bene en die rug.
Diep sportsmassering
Met hierdie massering werk ons op spasmas wat styfheid en pyn veroorsaak.
Refleksologie
Ons werk op die voete se spesifieke drukpunte wat die organe en sisteme in die liggaam verteenwoordig. Dit veroorsaak dat die liggaam op ʼn holistiese wyse gebalanseer word.
Aromaterapie
Dit is ʼn sagte massering vir die stimulasie van limf vloei waar olies gemeng word vir die kliënt se spesifieke behoeftes.
Hotstone
“Hotstone” massering is ʼn baie ontspannende massering met warm klippe. Dit word op die agterkant van die bene en rug gebruik. Die hitte van die klippe dra by tot ontspanning.
Indian Head
Ons fokus hier op die drukpunte in die skouers, nek en kop om bloedsirkulasie te bevorder en die hoofspanningsarea van die liggaam te ontspan.